Welkom by Klipkoppies Dorperstoet

Klipkoppies Dorperstoet

Tuiste van geharde, uiters vrugbare Dorper ramme en ooie
met uitnemende karkaskwaliteit en smaaklikheid.

Geskiedenis

Die Van Niekerk stamvader het gedurende 1671 vanaf Nederland in Kaapstad aangekom. Uit sy nageslag het twee broers, Dirk en Jacob, hulle by Eendekuil, naby Piketberg gevestig. ‘n Seun van daardie familie, BMN van Niekerk, het besluit om noord te trek in die rigting van die Oranje-rivier en vestig hom gedurende 1835 by ‘n lopende fontein en noem later die plaas Rietfontein. Dit is geleë in die destydse streek van Carnavon. Hy koop nog grond aangrensend aan Rietfontein en begin met ‘n familie boerdery. Een van sy seuns, Albert Nicolaas van Niekerk, vestig hom op die plaas KLIPKOPPIES. Hy word opgevolg deur sy seun, Johannes Stephanus (Jantjie) van Niekerk, en daarna sy seun, Albert Nicolaas van Niekerk, wie vanaf 1953 saam met sy vader op Klipkoppies boer.

Albert is op 01 Julie 2019 oorlede.  Hy word opgevolg deur sy kleinseun, Gawie Carr, wie van kleintyd af saam met sy oupa geboer het.

Gawie is nou die vyfde geslag op die plaas. Hy word bygestaan deur Elma Carr en Wilmarie Engelbrecht, wie verantwoordelik is vir die administrasie en finansies.  Klipkoppies is bevoorreg om oor ‘n opgeleide werksmag te beskik, van wie sommige al die 2de en 3de geslag by die boerdery betrokke is.

 

Klipkoppies Dorperstoet het:

  • 58 produksieveilings suksesvol aangebied.
  • Prestasietoetsing gedoen sedert 1978.
  • Meer as 16165 diere gekeur as Stoet en Tipe 5.
  • Sedert 1990 meer as 4215 Tipe 5 en Stoetooie in hul Dorper 21 teelprogram geregistreer.
  • Sedert 1990 alle teelramme op alle plase prestasiegetoets en fenotipies deur inspekteurs van die SADTG geklas en gekeur.
  • Sedert 2004 meer as 73 gemete teelramme geidentifiseer wat 30%-79% tweelinge per trop ooie gepaar, geteel het [SA Stamboek]
  • 21207 diere opgeneem in die Shepherd program.
  • Bo-gemiddelde hoë groei seleksie indeks
  • Hoë lampersentasie – tot 48% van ons ooie lam meerlinge.
  • Kwaliteit karkasse geproduseer wat tot 90% ISO karkasse oplewer met tot 80% van die karkasse wat bouvorm kode 4 tot 5 behaal

Doelwit

Klipkoppies Dorperstoet streef daarna om die mees ekonomiese aangepaste Dorpers onder natuurlike weidingsomstandighede te teel.

Ons diere beweeg maklik, is gehard, aanpasbaar en baie vrugbaar met uitnemende karkaskwaliteit en smaaklikheid. Kwaliteit karkasse word gelewer op 3 tot 4½ maande vanaf die veld, onder normale tot goeie weidingsomstandighede.
Op Klipkoppies word slegs ekstensief geboer. Ooie lam op die veld en onder normale reënval omstandighede word geen byvoeding gegee nie.

Ons verwelkom graag besoekers op Klipkoppies.

Kontak Besonderhede

Klipkoppies Dorper Stud

Gawie Carr
Cell: is (+27) 76 971 4022
Email: gawie@klipkoppiesdorpers.co.za

Elma Carr                                                                            Cell:  (+27) 82 783 7913                                                        Tel:  (+27)  54 331 3741                                                      Email: elma@klipkoppiesdorpers.co.za

Skakels

Lid van

SADTG

DORPER 21

Copyright © 2015. Klipkoppies Dorperstoet. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee