Die Van Niekerk stamvader het gedurende 1671 vanaf Nederland in Kaapstad aangekom. Uit sy nageslag het twee broers, Dirk en Jacob, hulle by Eendekuil, naby Piketberg gevestig.
‘n Seun van daardie familie, BMN van Niekerk, het besluit om noordwaarts in die rigting van die Oranje-rivier te trek en vestig hom gedurende 1835 by ‘n lopende fontein en noem later die plaas Rietfontein. Dit is geleë in die destydse streek van Carnavon. Hy koop nog grond aangrensend aan Rietfontein en begin met ‘n familieboerdery. Een van sy seuns, Albert Nicolaas van Niekerk, vestig hom op die plaas KLIPKOPPIES. Hy word opgevolg deur sy seun, Johannes Stephanus (Jantjie) van Niekerk, en daarna sy seun, Albert Nicolaas van Niekerk, wie vanaf 1953 saam met sy vader op Klipkoppies geboer het. Albert is op 01 Julie 2019 oorlede.
Klipkoppies Dorperstoet het:
Die uitbou van ‘n stoetery wat uitstaande teeldiere, deur middel van fenotipiese en genotipiese seleksie, aan die Dorperbedryf kan lewer.
Om geharde en aanpasbare Dorpers te teel wat onder ekstensiewe toestande en onder normale tot goeie weidingsomstandighede, ‘n bemarkbare lam op 3 tot 4 maande sonder byvoeding kan produseer.
Om ‘n positiewe bydrae te lewer sodat die Dorper die eerste keuse vleisras in Suid Afrika sal word.
Klipkoppies se Dorpers is al uitgevoer na Namibië, Botswana, Zambië, Malawi, Kenia, Saoedi Arabië, Israel, Verenigde Arabiese Emirate en die Republiek van die Kongo.
Embrio’s is uitgevoer na Australië, Brazilië, Duitsland en Kanada.
Copyright © 2015. Klipkoppies Dorperstoet. All Rights Reserved.